Wanneer 'n gejaagde lewe sy tol begin eis

deur Sonelle van der Linde

Vir die meeste van ons het 2014 teen 'n spoed weggespring. Die lui-lekker vakansie is lankal vergete en ons jaag verder voort met ons daaglikse bedrywighede. Ons wéét dat die gejaagde lewe nie goed is vir ons gesondheid nie, maar kan stres regtig so nadelig wees? Kan ons die effek daarvan op ons liggame minimaliseer?

As dieetkundige, is die grootste gesondheidskwessie wat aan die lig kom met verhoogde stresvlakke, 'n prikkelbare derm, anders bekend as spastiese kolon. 'n Spastiese kolon word gekenmerk deur hardlywigheid en gaan gepaard met episodes van diarree, sommer so uit die bloute. Winderigheid, opgeblasenheid en krampe asook steekpyne in die onderste gedeelte van die buik. 'n Gevoel van onvolledige ontlasting en ook slymerigheid in die stoelgang is alles tekens van 'n ongelukkige derm.

Hierdie simptome tap al jou lewenslus en energie. Mense skryf dit bloot toe aan stres, terwyl verkeerde eetgewoontes eintlik die skuldige is. Sommige is meer geneig tot 'n spastiese kolon as ander en dis die kombinasie van swak eetgewoontes, hoë stresvlakke en onaktiwiteit wat ons gesondheid aftakel.

Behalwe vir lastige simptome, is dit belangrik om 'n spastiese kolon te behandel, omdat dit nie sommer soos 'n verkoue binne 'n week of twee gaan opklaar nie. Dit sal sluimerend bly met simptome wat soms opvlam, en onderliggend skade aan die derm aanrig, wat kan lei tot ernstiger dermsiektes soos divertikels (blasies in die derm) en kolonkanker.

Die behandeling van 'n spastiese kolon wissel baie van mens tot mens en juis daarom kan raad op die internet verwarrend wees. Kry professionele hulp van 'n dieetkundige om jou spastiese kolon te behandel. Dit verg 'n individuele eetplan na aanleiding van 'n reeks gestruktureerde vrae, om vas te stel watter tipe kosse geëet en watter juis vermy moet word, asook die tydperk daaraan verbonde.

Ons weet ons moet meer groente en vrugte inkry en minder geprosesseerde stysels en vleise, maar ons leefstyl maak dit moeilik. 'n Goeie dieetkundige sal jou eetplan by jou skedule aanpas en praktiese raad gee wat effektief en volhoubaar is, sodat dit nie nodig is om so lank voor die kospotte te staan nie. Die regte hoeveelheid en tipe vesel in die verskillende stadiums van behandeling, saam met die korrekte probiotika, is die resep tot sukses vir 'n gelukkige derm.

Vir meer inligting skakel gerus vir Sonelle van der Linde by 076 338 5367, stuur 'n epos na sonellev@gmail.com of besoek die webwerf www.bfndietician.co.za.

Contact Person:


Sonelle van der Linde
69 Morningside
1 Isak de Villiers Street
Langenhovenpark
Bloemfontein
South Africa

Contact Details:


Cell: 076 3385367
or
Send me an